Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:5-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Toe hulle in die land Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg.

6. En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is ’n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.

7. Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan — wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en ’n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?

8. En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog ’n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.

9. Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.

10. En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.

11. Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

12. En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag ’n offer op die hoogte het.

13. As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.

14. En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.

15. Want die Here het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9