Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 4:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Boas het na die dorpspoort gegaan en daar gaan sit en wag. Toe die losser van wie hy gepraat het, daar verbykom, roep Boas hom. “Kom hiernatoe, vriend. Ek wil met jou praat.” Hy het by hom gaan sit.

2. Toe roep Boas tien van die leiers van die dorp nader en vra hulle om as getuies op te tree.

3. Boas sê vir die losser: “Naomi wat uit Moab teruggekom het, wil die landerye wat aan ons bloedverwant Elimelek behoort het, verkoop.

4. Ek het gedink ek moet met jou hieroor praat sodat jy as losser kan optree as jy wil. As jy die landerye wil hê, moet jy hier in die teenwoordigheid van hierdie getuies verklaar dat jy as losser sal optree. Maar as jy dit nie wil doen nie, moet jy my dadelik sê, want ek is die volgende losser ná jou.”Die man antwoord hom: “Dis goed. Ek sal as losser optree.”

5. Toe sê Boas vir hom: “Hou net in gedagte dat wanneer jy die landerye van Naomi loskoop, jy ook met Rut, die Moabitiese weduwee, sal moet trou. Op hierdie manier sal sy kinders kan hê wat haar man se naam kan voortsit en die landerye in die familie hou.”

6. “In so ’n geval wil ek nie as losser optree nie,” antwoord die naaste losser, “want dit kan my eie erfporsie in gevaar stel. Jy kan gerus as losser optree, want ek wil nie.”

Lees volledige hoofstuk Rut 4