Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Jy, saam met jou seuns, moet egter die priesterwerk doen. Julle doen alles wat by die altaar en binne die tabernakel agter die skeidingsgordyn gebeur. Ek het die priesterwerk spesiaal net vir julle gegee. As enigiemand anders dit doen, sal hy nie bly leef nie.”

8. Die Here het verder ook nog vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om al die dinge wat die Israeliete vir My bring, te ontvang. Ek het bepaal dat dit aan jou en jou seuns behoort. Dit sal altyd so wees.

9. Die dele van die heel heiligste offers wat nie in die vuur geoffer word nie, is joune. Daardie gedeeltes van die maaltydoffer, sonde-offer en skuldoffer wat die volk vir My bring, kom jou en jou seuns toe.

10. Julle kan dit eet. Julle moet dit egter sien as iets wat besonder heilig is. Al die mans mag daarvan eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees.

11. “Die offers wat die Israeliete vir My bring wat na My uitgehou word by die altaar, behoort ook aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is ’n vaste instelling. Almal in jou huis wat rein is, mag daarvan eet.

12. “Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die Here gebring word, gee Ek ook vir jou.

13. Die eerste oes van die land wat hulle vir die Here bring, is ook joune. Almal in jou huis wat rein is, mag dit eet.

14. Enigiets of iemand wat spesiaal aan die Here afgestaan is, word ook joune.

Lees volledige hoofstuk Numeri 18