hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Levistam staan die priesters

by

1. Die Here het met Aäron gepraat: “Jy en jou seuns en jou stam sal verantwoordelik gehou word vir oortredings teen die heiligdom. Jy en jou seuns dra ook verantwoordelikheid vir die priesterwerk.

2. Bring die ander lede van die Levistam en laat hulle by jou aansluit om jou te help. Jy en jou seuns kan dan konsentreer op die tabernakel.

3. Pas op dat hulle nie aan die ark of enigiets daar by die tabernakel vat wanneer hulle hulle werk daar doen nie. Nóg julle nóg hulle sal dan bly lewe.

4. Hulle moet die diens by die tabernakel verrig en hulle pligte uitvoer. Iemand wat nie ’n Leviet is nie, mag egter nie daar naby kom nie.

5. Julle moet self die dienswerk in die heiligdom en by die altaar doen. As julle aan hierdie reël hou, sal die Here nie weer in woede uitbars teen die Israeliete nie.

6. Ek het self die Levistam uit al die Israeliete gekies om julle te help. Hulle is aan die Here afgestaan om die werk by die tabernakel te doen.

7. Jy, saam met jou seuns, moet egter die priesterwerk doen. Julle doen alles wat by die altaar en binne die tabernakel agter die skeidingsgordyn gebeur. Ek het die priesterwerk spesiaal net vir julle gegee. As enigiemand anders dit doen, sal hy nie bly leef nie.”

Die priester se deel van die

offers

8. Die Here het verder ook nog vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om al die dinge wat die Israeliete vir My bring, te ontvang. Ek het bepaal dat dit aan jou en jou seuns behoort. Dit sal altyd so wees.

9. Die dele van die heel heiligste offers wat nie in die vuur geoffer word nie, is joune. Daardie gedeeltes van die maaltydoffer, sonde-offer en skuldoffer wat die volk vir My bring, kom jou en jou seuns toe.

10. Julle kan dit eet. Julle moet dit egter sien as iets wat besonder heilig is. Al die mans mag daarvan eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees.

11. “Die offers wat die Israeliete vir My bring wat na My uitgehou word by die altaar, behoort ook aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is ’n vaste instelling. Almal in jou huis wat rein is, mag daarvan eet.

12. “Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die Here gebring word, gee Ek ook vir jou.

13. Die eerste oes van die land wat hulle vir die Here bring, is ook joune. Almal in jou huis wat rein is, mag dit eet.

14. Enigiets of iemand wat spesiaal aan die Here afgestaan is, word ook joune.

15. Elkeen, mens of bees, wat eerste gebore word en wat aan die Here afgestaan word, is ook joune. Onthou dat elke mens wat eerste gebore word, losgekoop moet word. Onrein diere se eersteling moet ook losgekoop word.

16. Koop hulle los wanneer hulle ’n maand oud is. Die loskoopprys is 50 gram silwer. Dit is volgens die standaardgewig van die heiligdom.

17. Jy mag nie die eersgeborene van ’n bees, ’n skaap of ’n bok loskoop nie. Hulle behoort aan die Here. Hulle bloed moet teen die altaar gesprinkel word en hulle vet as ’n vuuroffer gebring word. Dit is aangenaam vir die Here.

18. Jy kan egter hulle vleis vat. Dit is joune, net soos die borsstuk en die regterboud van die offer wat na die Here toe uitgehou word, ook aan jou behoort.

19. Al hierdie heilige offers wat die Israeliete vir die Here bring, gee Ek vir jou en jou kinders. Dit sal altyd julle deel wees. Dit is ’n onverbreekbare ooreenkoms tussen die Here en jou en jou nageslag.”

Die Leviete se erfdeel

20. Die Here het vir Aäron gesê: “Jy sal nie grond kry in julle land nie. Jy sal nie saam met jou volk eiendom besit nie. Ek is jou erfporsie en jou aandeel in Israel.

21. Vir die werk wat hulle by die tabernakel doen, vergoed Ek die stam van Levi met al die tiendes wat Israel bring.

22. “Die Israeliete mag van nou af nie meer by die tabernakel kom nie. Dit sal as ’n oortreding beskou word wat lei tot die dood.

23. Die Leviete moet by die tabernakel werk. Hulle dra die verantwoordelikheid daarvoor. Dit is ’n onveranderlike wet. Hulle sal egter nooit enige grond tussen die Israeliete besit nie.

24. Ek gee die tiendes wat die Israeliete vir die Here offer aan die Leviete as hulle deel. Dit is waarom Ek gesê het dat die Leviete nie ’n erfporsie onder die Israeliete kry nie.”

25. Die Here het vir Moses gesê:

26. “Sê vir die Leviete: Wanneer Ek vir julle die tiendes wat die Israeliete vir My offer, as erfdeel vir julle gee, moet hulle weer ’n tiende daarvan vir die Here gee. Dit is dus ’n tiende van ’n tiende.

27. Dit sal beskou word asof dit julle graan van die dorsvloer af en julle eerste wyn van die wynpers af is.

28. So sal julle van die tiendes wat julle van die Israeliete kry, ook julle offer vir die Here bring. Oorhandig julle tiende daarvan aan die priester Aäron.

29. Sorg dat julle die heel beste daarvan vir die Here gee.

30. “Sê vir hulle: Wanneer julle die beste dele daarvan gee, word dit beskou as die Leviete se offer uit die oes en die druiwevat.

31. Jy en jou huis mag op enige plek daarvan eet. Dit is jou vergoeding vir die werk wat jy by die tabernakel doen.

32. Solank jy die beste deel daarvan gee, sal niks teen jou gehou kan word nie. Jy moet nooit die heilige dinge van die Israeliete minag nie, want dan sal jy sterf.”