Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:1-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 31 Oktober het die Israeliete vir ’n vasdag bymekaargekom.Hulle het klere van sakmateriaal aangetrek en stof op hulle koppe gegooi.

2. Die mense van Israelitiese afkoms het toe alle bande met vreemdelinge verbreek. Hulle het daar gestaan en hulle sondes en ook die skuld van hulle voorouers bely.

3. Hulle het vir omtrent ’n kwart van die dag gestaan terwyl die wetboek van die Here hulle God vir hulle voorgelees is. Vir die volgende kwart van die dag het hulle om die beurt belydenis van hulle sondes gedoen en die Here hulle God aanbid.

4. ’n Paar Leviete het op die trappe van die Leviete gestaan en hardop die Here hulle God gesmeek. Hulle name was Jesua, Bani, Kadmiël, Sebanja, Bunni, Serebja, Bani en Kenani.

5. Toe het die Leviete, Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja, vir die volk gesê: “Staan op! Loof die Here julle God, want Hy leef van ewigheid tot ewigheid!” Toe het hulle die Here geloof:“Mag u wonderlike Naamgeprys word! Geen lofprysing of danksegging kan dit ooit beskryf nie.

6. U alleen is die Here.U het die hemele, die hoë hemelen al die sterre gemaak.U het ook die aarde en die see en alles daarin gemaak.U gee lewe aan alles, die hemelse engele aanbid U.

7. U is die Here God,U het Abram gekiesen hom gebring uit Ur van die Galdeërs.U het hom Abraham genoem.

8. Toe U sien dat hy getrou was, het U ’n verbond gesluit met homom aan hom en sy nageslag die land van die Kanaäniete, die Hetiete en Amoriete, die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete te gee.U het gedoen wat U beloof het,want U is getrou aan u woord.

9. “U het gesienhoe ons voorouers swaarkry in Egipte,U het gehoor hoe hulle roep by die Rietsee.

10. U het wonders en tekens teen die farao gedoen, teen sy diensknegte en al die mense van sy land.U het geweet dat hulle u volk sonder respek behandel.U dwing tot vandag toe nog net soveel respek af.

11. U het die see voor hulle oopgekloofsodat u volk op droë grond kon deurtrek!Maar U het hulle agtervolgers in die diep waters gegooi,soos ’n klip in magtige waters.

12. Bedags het U ons voorouers deur ’n wolkkolom geleien snags deur ’n vuurkolom.So kon hulle weet watter rigting om te gaan.

13. “U het uit die hemelna Sinaiberg toe afgekomen met hulle gepraat.U het vir hulle gegee: voorskrifte wat regverdig isen gebooie wat seker is,voorskrifte en bevele wat goed is.

14. U het hulle geleervan u heilige Sabbatdag,hulle beveel om die opdragte, voorskrifte en gebooie wat U gegee het deur u dienskneg Moses te gehoorsaam.

15. “Toe hulle honger was, het U uit die hemel vir hulle brood gegee.Toe hulle dors was,water uit die rots.U het hulle opdrag gegee om die land in te neem wat U met ’n eed aan hulle beloof het.

16. Maar ons voorouers was verwaand en hardkoppig, hulle wou u bevele nie gehoorsaam nie.

17. “Hulle was ongehoorsaam en het vergeet van al die wonders wat U vir hulle gedoen het. Hulle was hardkoppig. Hulle het ’n leier aangestel om hulle terug te vat na hulle slawerny in Egipte.Maar U is ’n God wat vergewe,genadig en vol deernis.U word nie vinnig kwaad nie, U is liefdevol en getrou.U het hulle nie in die steek gelaat nie,

18. selfs toe hulle vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak het.Hulle het gesê:‘Hierdie is julle god wat julle gebring hetuit Egipte!’Hulle het verskriklike,godslasterlike dinge gedoen.

19. Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9