Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat ons die muur klaar gebou het, het ek die hekke gehang. Daarna het ons die hekwagte, sangers en die Leviete aangestel.

2. Ek het my broer Ganani en Gananja, die bevelvoerder van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was ’n meer betroubare en godvresende persoon as enige van die ander mense.

3. Ek het vir hom gesê: “Moenie die poorte van Jerusalem oopmaak voordat die son eers warm skyn nie. Maak die poorte ook weer toe en sluit hulle terwyl die wagte nog aan diens is. Stel ook snags wagte aan uit die inwoners van Jerusalem. Laat party van hulle by vasgestelde punte wagstaan en ander in die omgewing van hulle eie huise.”

4. Jerusalem was groot en uitgestrek, maar die inwonertal was min. Die huise was nog nie weer herbou nie.

5. My God het my toe die idee gegee om al die leiers, die amptenare en die mense bymekaar te roep en volgens hulle families te registreer. Ek het op die register afgekom met die name van die mense wat eerste uit ballingskap teruggekom het. Daarin het geskryf gestaan:

6. “Hierdie is die mense van die provinsie wat teruggekom het na Jerusalem en die ander stede van Juda. Nebukadnesar, die koning van Babel, het hulle vroeër in ballingskap weggevoer.

7. Hulle het saam met Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekom.” Die getalle van die mense van Israel wat uit ballingskap teruggekom het, was: “Ingedeel volgens families:

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7