hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat ons die muur klaar gebou het, het ek die hekke gehang. Daarna het ons die hekwagte, sangers en die Leviete aangestel.

2. Ek het my broer Ganani en Gananja, die bevelvoerder van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was ’n meer betroubare en godvresende persoon as enige van die ander mense.

3. Ek het vir hom gesê: “Moenie die poorte van Jerusalem oopmaak voordat die son eers warm skyn nie. Maak die poorte ook weer toe en sluit hulle terwyl die wagte nog aan diens is. Stel ook snags wagte aan uit die inwoners van Jerusalem. Laat party van hulle by vasgestelde punte wagstaan en ander in die omgewing van hulle eie huise.”

Nehemia stel ’n register van die

mense op

4. Jerusalem was groot en uitgestrek, maar die inwonertal was min. Die huise was nog nie weer herbou nie.

5. My God het my toe die idee gegee om al die leiers, die amptenare en die mense bymekaar te roep en volgens hulle families te registreer. Ek het op die register afgekom met die name van die mense wat eerste uit ballingskap teruggekom het. Daarin het geskryf gestaan:

6. “Hierdie is die mense van die provinsie wat teruggekom het na Jerusalem en die ander stede van Juda. Nebukadnesar, die koning van Babel, het hulle vroeër in ballingskap weggevoer.

7. Hulle het saam met Serubbabel, Josua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nagamani, Mordegai, Bilsan, Mispar, Bigwai, Regum en Baäna teruggekom.” Die getalle van die mense van Israel wat uit ballingskap teruggekom het, was: “Ingedeel volgens families:

8. Paros 2 172,

9. Sefatja 372,

10. Arag 652,

11. Pagat-Moab, uit die families van Josua en Joab 2 818,

12. Elam 1 254,

13. Sattu 845,

14. Sakkai 760,

15. Bani 648,

16. Bebai 628,

17. Asgad 2 322,

18. Adonikam 667,

19. Bigwai 2 067,

20. Adin 655,

21. Ater, uit die familie van Hiskia 98,

22. Gasum 328,

23. Besai 324,

24. Garif 112.“Ingedeel volgens plek van herkoms:

25. Gibeon 95,

26. Betlehem en Netofa 188,

27. Anatot 128,

28. Bet-Asmawet 42,

29. Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot 743,

30. Rama en Geba 621,

31. Mikmas 122,

32. Bet-El en Ai 123,

33. Nebo 52,

34. Elam 1 254,

35. Garim 320,

36. Jerigo 345,

37. Lod, Gadid en Ono 721,

38. Senaä 3 930.

39. “Priesterfamilies: Jedaja, uit die huis van Jesua, 973,

40. Immer 1 052,

41. Pasgur 1 247,

42. Garim 1 017.

43. “Levitiese families: Jesua, uit die familie van Kadmiël, uit die Hodaujagroep 74,

44. sangers uit die Asafgroep 148,

45. hekwagte uit die families van Sallum, Ater, Talmon, Akkub, Gatita en Sobai 138.

46. “Tempelslawe met hulle families: Siga, Gasufa, Tabbaot,

47. Keros, Sia, Padon,

48. Lebana, Gagaba, Salmai,

49. Ganan, Giddel, Gagar,

50. Reaja, Resin, Nekoda,

51. Gassam, Ussa, Paseag,

52. Besai, Meünim, Nefusim,

53. Bakbuk, Gakufa, Gargur,

54. Baslut, Megida, Garsa,

55. Barkos, Sisera, Temag,

56. Nesiag en Gatifa.

57. “Nakomelinge van die dienaars van Salomo, met hulle families: Sotai, Soferet, Peruda,

58. Jala, Darkon, Giddel,

59. Sefatja, Gattil, Pokeret-Sebajim en Amon.

60. “Al die tempelslawe en die nakomelinge van die amptenare van Salomo was saam 392 mense.

61. “Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie.

62. Dit was die families van Delaja, Tobija en Nekoda, altesaam 642 mense.

63. “Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dié Barsillai wat getroud is met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is.

64. Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar hulle kon niks vind nie. Hulle is van hulle priesterskap onthef.

65. Die amptenaar wat met dié saak belas was, het besluit dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat ’n priester met die Urim en die Tummim uitsluitsel gegee het nie.

66. “Die hele groep was in totaal 42 360 mense,

67. afgesien van hulle slawe en slavinne wat in totaal 7 337 was. Dan was daar ook nog 245 manlike en vroulike sangers.

68. Hulle het ook 736 perde, 245 muile

69. asook 435 kamele en 6 720 donkies saamgevat.”

70. Party familiehoofde het bydraes vir die werk gegee. Die goewerneur het agt en ’n half kilogram goud, 50 goue komme en 530 stelle priesterklere gegee.

71. Van die familiehoofde het vir die werkfonds 168 kilogram goud en een en ’n kwart ton silwer bygedra.

72. Die res van die mense het 168 kilogram goud, meer as ’n ton silwer en 67 stelle priesterklere gegee.

73. Die priesters, Leviete, poortwagte, sangers, ’n deel van die volk en die tempelslawe het hulle gevestig in die stede waar hulle vandaan gekom het. Almal in Israel het dit gedoen. Teen middelherfs was die mense van Israel in hulle eie dorpe gevestig.