Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12:39-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

39. van daar af verder bokant die Efraimspoort verby na die Ou Stadspoort toe, verby die Vispoort en die Gananeltoring. Ons het aangehou verby die Toring van die Honderd tot by die Skaappoort en toe by die Wagpoort gaan staan.

40. Die twee kore het daarna hulle plekke in die tempel ingeneem. Ek en die helfte van die leiers saam met my het dieselfde gedoen.

41. Die priesters Eljakim, Maäseja, Mijamin, Miga, Eljoënai, Sagaria en Gananja het die trompette geblaas.

42. Maäseja, Semaja, Eleasar, Ussi, Joganan, Malkija, Elam en Eser het dit ook gedoen. Die kore het onder leiding van Jisragja gesing.

43. Hulle het daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly, want God het hulle baie rede gegee om bly te wees. Die vroue en kinders was ook bly. ’n Mens kon die blydskap van die mense in Jerusalem ver hoor.

44. Daardie dag het hulle mans aangestel oor die voorraadkamers vir die offergawes, die eerste deel van die oes en die tiendes. Dit was hulle verantwoordelikheid om die deel in te samel wat die wet bepaal het dat die priesters en die Leviete uit die landerye om die dorpe moes kry. Die mense van Juda was baie tevrede met die werk wat die priesters en die Leviete gedoen het.

45. Die priesters en die Leviete het hulle beurte in diens van God gedoen. Hulle het ook die voorskrifte vir die reiniging nagekom. Die sangers en die poortwagte het ook hulle werk gedoen volgens die reëls wat Dawid en sy seun Salomo neergelê het.

46. Die tradisie om koorleiers te hê wat die koor in lof- en dankliedere lei, het reeds in die tyd van Dawid en Asaf al bestaan.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 12