Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die priester sal die ander voël as ’n brandoffer volgens die voorgeskrewe prosedures offer. Op hierdie wyse sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word.

11. “As iemand dit nie kan bekostig om twee tortelduiwe te bring nie, moet hy of sy twee kilogram meel as ’n sonde-offer bring. Omdat dit ’n sonde-offer is, mag hy dit nie met olyfolie meng of wierook daarop sit nie.

12. Hy moet die meel na die priester toe vat en die priester sal dan ’n hand vol daarvan as verteenwoordiging van die geheel skep. Dan sal hy die meel op die altaar verbrand net soos enige ander vuuroffer wat vir die Here gegee word. Dit sal sy sonde-offer wees.

13. Op hierdie manier sal die priester vir die skuldiges versoening bewerk en sal hulle vergewe word. Wat oorbly van die meel behoort aan die priester, net soos in geval van die graanoffer.”

14. Toe sê die Here vir Moses:

Lees volledige hoofstuk Levitikus 5