Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “As die tyd van reiniging – vir ’n seun of ’n dogter – verby is, moet die vrou ’n jaaroud lam as brandoffer en ’n jong duif of tortelduif as ’n suiweringsoffer bring. Sy moet haar offers na die priester by die ingang van die tent van ontmoeting bring.

7. Die priester sal dit dan vir die Here offer en ook versoening vir haar doen. Dan sal sy weer rein wees ná die bloed wat met die geboorte gevloei het. Dit is die instruksies wat gevolg moet word ná die geboorte van ’n seun of ’n dogter.

8. “As die vrou nie kan bekostig om ’n lam te bring nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring. Een is bedoel vir die brandoffer en die ander een vir die reinigingsoffer. Die priester sal hulle offer en so vir haar versoening doen en sy sal weer rein wees.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 12