Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 37:25-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Ek het putte gegrawe in talle veraf lande.En ek het my verfris met hulle water.Ek het selfs die riviere van Egipte drooggelê sodat my soldatedaar kon deurtrek!’

26. “Het jy dan nie geluister nie? Dit was Ék, die Here, wat so besluit het, lank gelede al.Lank terug het Ek beplan wat Ek nou laat gebeur:dat jy versterkte stede verwoes en in puinhope verander.

27. Dis hoekom hulle inwoners so magteloos was.Daarom was hulle maklike prooi vir jou.Hulle is so hulpeloos soos die gras, hulle vertrap so maklik soos groen spruite.Hulle is soos gras op ’n huis se dak wat maklik deur die son verskroei word.

28. “Ek ken jou baie goed.Ek weet of jy sitof gaan of kom.Ek weet ook hoe jy teen My tekere gegaan het.

29. Oor jou arrogansie teen My, wat Ek self gehoor het, sit Ek ’n haak deur jou neus.Ek sit ’n stang tussen jou tande.Ek laat jou teruggaan op die pad waarlangs jy gekom het.

30. “Hiskia, vir jou gee Ekdie volgende teken: “Hier is die bewys dat die Herehierdie stad sal bewaar:“Vanjaar sal julle eet wat vanself opkom.Volgende jaar sal julle eet wat vanself opkom.Maar in die derde jaar sal julle saai en oes.Julle sal wingerde bewerk en druiwe eet.

31. Dié in Juda wat die beleg oorleef het, sal weer wortelskiet en vrugte dra.

32. Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel kom en uit Sionsberg ’n groep oorlewendes.Die ywer van die Here,die Almagtige,sal daarvoor sorg.

33. “So sê die Hereoor die koning van Assirië:“‘Hy sal nie in hierdie stad inkom om ’n pyl af te skiet nie.Hy sal nie skilde teen die stad gebruik of beleëringswalle daarteen opgooi nie.

34. Met die pad waarlangs hy gekom het, sal hy teruggaan en nie die stad binnekom nie.’Dit sê die Here.

35. ‘Hierdie stad sal Ek beskerm en dit red ter wille van my eer en ter wille van my dienaarDawid.’”

36. Daardie nag het die engel van die Here na die Assiriese kamp toe ge-gaan. Hy het 185 000 Assiriese soldate doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, was daar oral net lyke!

37. Toe het koning Sanherib van Assirië kamp opgeslaan. Hy het teruggegaan na Nineve toe en daar gebly.

38. Eendag terwyl hy in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het sy seuns Adrammelek en Sareser hom met hulle swaarde vermoor. Hulle het na Ararat toe gevlug. ’n Ander seun, Esarhaddon, het die volgende koning van Assirië geword.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 37