Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:5-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Want Ek het Israel en Juda nie in die steek gelaat nie. Al is hulle land vol oortredings teen die Heilige van Israel, is Ek steeds hulle God, die Here, die Almagtige.”

6. Vlug uit Babel!Red julleself! Moenie dat Babel se sonde julle vernietig nie!Dit is die tyd van die Here se wraak, Hy gaan die stad nou terugbetaal.

7. Babel is ’n goue beker in die Here se hande. Die hele wêreld drink daaruit en word dronk.Die nasies drink van die wynen verloor hulle verstand.

8. Skielik het Babel nou ook geval en is verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne, miskien is daar genesing.

9. Ons sou die stad help as ons kon, maar niks kan Babel nou meer genees nie. Vergeet van die stad! Laat elkeen na sy eie land teruggaan! Die oordeel oor die stad reik tot by die hemel,styg tot by die wolke.

10. Die Here het ons onskuld bewys. Kom ons vertel in Jerusalemwat die Here ons God gedoen het.

11. Maak julle pyle skerp!Neem julle skilde op!Want die Here het die gedagte by die koning van die Mediërs laat posvat om op te trek teen die Babiloniërsen hulle te vernietig. Dit is hoe die Here wraak neem, Hom wreek oor sy tempel.

12. Lig die vlag om die mure van Babel aan te val.Versterk die wagposte!Plaas wagte oral uit! Stel hinderlae op! Die Here het ’n plan met die Babiloniërs,Hy voer dit uit!

13. Julle woon langs baie water. Julle is skatryk.Maar julle einde het aangebreek,julle lewensdraadjie is geknip!

14. Die Here, die Almagtige, sweer by Homself: “Julle vyande sal oor julle spoel soos ’n swerm sprinkane in ’n koringland. Hulle sal die oorwinning oor julle uitskreeu.”

15. Deur sy krag het Hy die aarde gemaak, deur sy wysheid die wêreld tot stand gebring. Deur sy insig het Hydie hemel uitgestrek.

16. As Hy praat, is daar donderweer in die hemel. Hy laat die wolke opstyg oor die aarde. Hy laat die weerlig blits as dit reën. Hy laat die wind uit sy stoorkamers kom.

17. In vergelyking met Homis elke mens ’n dwaas, sonder enige kennis! Goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n leuen, want hulle haal nie asem nie.

18. Afgode is eintlik nutteloos, ’n bedrogspul! As die tyd van afrekening kom, sal hulle vernietig word.

19. Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak,ook sy eie volk,sy besonderse besitting.Hy is die Here, die Almagtige!

20. “Jy is my hamer, my oorlogswapen.Ek gebruik jou om nasies mee te verpletter en koninkryke te verwoes.

21. Ek gebruik jou om perdeen ruiters mee te tref,ook strydwaens met hulle bemanning.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51