Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 3:8-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Sy het gesien dat Ek vir Israel, wat so ontrou was, geskei het. Maar dit het Juda nie banggemaak nie. Israel het soos ’n onsedelike vrou ander gode begin dien.

9. Sy was ongeërg oor haar onsedelikheid. Sy het die land met haar owerspel besmet, want sy het afgode van hout en klip gedien.

10. Maar ten spyte van alles het die ontroue suster Juda net halfhartig na My toe teruggekom. Sy het gemaak of sy jammer is,” sê die Here.

11. Toe sê die Here vir my: “Selfs die ontroue Israel is minder skuldig as die verraderlike Juda!

12. Gaan maar uit, kyk in die rigting van Israel en roep uit: “O, Israel, sê die Here, julle was ontrou, maar kom terug na My toe. Ek sal nie vir altyd kwaad bly nie, want Ek is genadig,sê die Here.

13. Erken net dat julle skuldig is.Erken dat julle teendie Here julle Godin opstand gekom het. Julle was ontrou aan Hom deur onder elke groen boomafgode te aanbid. Bely dat julle My nie gehoorsaam het nie, sê die Here!

14. “Kom terug na My toe, ontroue kinders, want Ek is julle man. Ek sal hier een uit ’n stad en daar twee uit ’n familie vat en na Sion toe terugbring.

15. Dan sal Ek vir julle nuwe leiers gee volgens my keuse. Hulle sal julle met kennis en insig lei.”

16. Die Here sê: “Wanneer daar weer baie mense in die land is, sal hulle nie meer oor die verbondsark van die Here praat nie. Trouens, dit sal nie eers in hulle gedagtes opkom nie. Hulle sal dit nie eers onthou of mis nie, wat nog te sê ’n nuwe een maak!

17. In dié tyd sal Jerusalem bekend staan as die troon van die Here. Al die nasies sal hierheen kom om eer aan die Here te bring. Hulle sal nie langer soos domastrante mense slegte dinge doen nie.

18. In hierdie tyd sal die mense van Juda en Israel by mekaar aansluit. Hulle sal saam uit die noorde terugkom na die land wat die Here vir hulle voorouers as erfenis gegee het.

19. “Ek het by Myself gedink: ‘Ek sou julle graag soos my eie kinders wou behandel! En Ek sou graag hierdie mooi land vir julle wou gee. Nie een van die nasies se grondgebied is naastenby so mooi nie.’Ek het gedink julle sou My ‘Vader’ noem en nooit weer julle rug op My draai nie.

20. Maar Israel het soos ’n ontrou vrou wat haar man verlaat, My verraai,” sê die Here.

21. “Op die heuweltoppe hoor ’n mens uitroepe. Dit is die gehuil en gesoebat van Israel se mense. Hulle het afgedwaal en van die Here hulle God vergeet.”

22. Die Here sê:“Ontroue kinders, kom terug na My toe. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.” Hulle het geantwoord:“Ja, ons wil terugkom, want U is die Here ons God!

23. Ons aanbidding van gode op die heuwels is heeltemal vals. Dit is net die Here ons God wat Israel kan red.

24. Van ons kinderjare af het ons die skande gesien,hoe alles verteer word waarvoor ons voorouers gewerk het: hulle beeste, skapeen selfs ook hulle kinders.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 3