Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 24:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Die Here, die God van Israel sê: Die goeie vye verteenwoordig die ballinge wat Ek uit Juda na die land van die Babiloniërs gestuur het.

6. Ek sal ’n oog oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hierdie land toe laat terugkom. Ek sal hulle herstel en nie weer afbreek nie. Ek sal hulle nie ontwortel nie, maar hulle plant.

7. Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die Here te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.

8. “Soos die slegte vye wat so sleg is dat niemand dit kan eet nie,” sê die Here, “só is koning Sedekia van Juda en sy leiers, die res van die mense van Jerusalem wat in die land agtergebly het en dié wat in Egipte woon. Ek behandel hulle soos vye wat te vrot is om te eet.

9. Ek sal hulle ’n verskrikking en ’n onheil maak vir al die volke van die wêreld. In al die lande waarheen Ek hulle sal versprei, sal mense hulle verag en met hulle spot. Hulle sal grappe oor hulle maak en sê: So lyk mense wat vervloek is.

10. “Ek sal sorg dat geweld, hongersnood en pes hulle tref. Dit sal aanhou totdat daar niemand oor is in die land wat Ek aan hulle en hulle voorouers gegee het nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 24