Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:14-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Ek sal hulle teen mekaar stukkend stamp, selfs ouers en kinders, sê die Here. Ek sal hulle nie spaar omdat Ek vir hulle jammer is of omdat Ek hulle genadig wil wees nie. Ek sal ook nie medelye met hulle hê nie. Ek gaan hulle vernietig.’”

15. Luister, gee ’n bietjie aandag! Moenie so arrogant wees nie, want dit is die Here wat praat:

16. Gee eer aan die Here julle God,voordat dit te laat is.Doen dit voordat Hydit vir julle donker maak, want as dit skemer is, sal julle struikel en val op die donker berge. Julle sal wens dit word lig, maar Hy sal dit stikdonker maak.

17. En as julle aanhou om ongehoorsaam te wees, sal ek eenkant staan en huilomdat julle so verwaand is.Ek sal bitterlik huil omdat hulle die kudde van die Herein ballingskap wegneem.

18. Sê vir die koning en sy ma:“Gaan sit baie laag, in die stof,want julle pragtige kroon sal van julle koppe weggeneem word.”

19. Die dorpe in die Negev sal hulle poorte sluit,en niemand sal dit kan oopsluit nie. En die mense van Juda sal as ballinge weggevoer word. Almal van hulle sal in ballingskap gaan.

20. Sien julle vyand uit die noorde aankom.Wat het geword van die pragtige kudde wat Hy vir julle gegee hetom op te pas?

21. Hoe sal julle voel as Hy die mense wat vroeër julle bondgenote was, nou toelaat om oor julle te heers? Julle sal krul van pyn soos ’n vrou wat geboorte gee!

22. Julle vra dalk hoekom al hierdie dinge met julle gebeur. Die vyand verneder julle en verkrag julleoor julle baie sondes.

23. Kan Etiopiërsdie kleur van hulle velle verander? Kan ’n luiperd sy kolle laat verdwyn? Dink julle miskien dat julle skielik kan begin goeie dinge doen nadat julle gewoond was om kwaad te doen?

24. “Ek sal julle verstrooi net soos die wind wat uit die woestyn waai die kaf uit die koring oral versprei.

25. Dit is wat Ek besluit het wat met julle moet gebeur,” sê die Here. “Dit is die deel wat Ek vir julle afgemeet het,want julle het My mos vergeeten op valse gode vertrou.

26. Ek sal julle verneder soos iemand wat kaal staan voor ander mense.

27. Ek het gesien hoe julle die afgode in die veld en op hoogtes dien. Ek het ook al die skandelike dinge gesien wat julle gedoen het om hulle guns te wen. Jerusalem, jy sal sekerlik tot niet gaan! Hoe lank sal dit neem voordat jy eendag weer vir My aanvaarbaar sal wees?”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13