Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 11:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Toe sê die Here: “Kondig hierdie boodskap aan in Juda se dorpe en Jerusalem se strate en sê: ‘Onthou die voorskrifte van hierdie verbond wat Ek met julle gesluit het, en kom dit na!

7. Toe Ek julle voorouers uit Egipte gebring het, het Ek hulle by herhaling gewaarsku en gesê: Wees gehoorsaam aan My!

8. Maar julle voorouers het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle wou nie eers luister nie. Elkeen het eenvoudig sy eie kop gevolg en verkeerde dinge gedoen. Hulle wou nie doen wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Omdat hulle ongehoorsaam was, het Ek die strawwe wat in die verbond opgeteken is, oor hulle gebring.’”

9. Die Here het weer met my gepraat en gesê: “Ek het ontdek dat daar ’n komplot is teen My onder die mense van Juda en Jerusalem.

10. Hulle begaan nou dieselfde oortredings as hulle voorouers. Hulle weier om te doen wat Ek hulle beveel het. Hulle loop agter ander gode aan en aanbid hulle. “Israel en Juda het die verbond wat Ek met hulle voorouers gesluit het, verbreek.

11. Omdat hulle so optree,” sê die Here, “sal Ek hulle tref met ’n ramp wat hulle nie sal vryspring nie. Al smeek hulle My om hulp, sal Ek nie na hulle luister nie.

12. Dan sal die mense van die dorpe van Juda en van Jerusalem na hulle afgode roep om hulp. Hulle sal selfs vir hulle wierook brand. Maar as die ramp hulle tref, sal die afgode hulle nie kan red nie.

13. “Juda, julle het net soveel afgode as wat julle dorpe het. Julle het ook op baie plekke altare opgerig om wierook vir Baäl te offer, amper soveel plekke as wat daar strate in Jerusalem is. Wat ’n skande!

14. “Jeremia, jy moenie meer vir hierdie mense bid nie. Dit sal nie help dat jy huil en by My pleit vir hulle nie, want Ek sal nie luister as hulle in die moeilikheid is en na My roep om hulp nie.

15. “Ek het my mense baie lief, maar watter reg het hulle om na die tempel te kom as hulle hulle vantevore so sleg gedra het? Kan hulle offerandesdie vernietiging keer? In werklikheid geniet hulle dit om verkeerd te doen!”

16. Die Here sê: “Daar was ’n tyd toe Ek julle’n pragtige groen olyfboomgenoem het.Julle was mooi om te sien, vol goeie vrugte. Maar Ek stuur die vyand,wat soos weerlig die boom aan die brand steeken al die takke verskroei.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 11