Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 11:17-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “Ek, die Here, die Almagtige, het hierdie olyfboom geplant, en Ek gee opdrag dat dit vernietig word. Want die mense van Israel en Juda het bose dinge gedoen. Hulle maak My kwaad deur wierook vir Baäl te offer.”

18. Die Here het my toe ingelig dat my vyande besig was om ’n komplot teen my te smee.

19. Ek was soos ’n lam wat hulle weggelei het om te slag. Ek was onbewus daarvan dat hulle van plan was om my dood te maak. Hulle het gesê: “Kom ons raak ontslae van hierdie boom en sy vrugte. Kom ons maak hom dood, dan sal niemand ooit onthou dat hy geleef het nie!”

20. Maar, Here, Almagtige,U tree altyd regverdig op. U ondersoek wat in ’n mens aangaan, U weet selfs wat ons dink. Laat ek sien hoe U wraak neem, want ek het my saakin u hande gelaat.

21. Daarom sê die Here van die mense van Anatot: “Hulle wil jou doodmaak, Jeremia, omdat jy namens My profeteer. Hulle sê hulle sal jou doodmaak as jy nie ophou om dit te doen nie.”

22. Die Here, die Almagtige, sê van hulle: “Ek gaan hulle straf! Hulle jong mans sal in gevegte sterf, hulle kinders sal van honger doodgaan.

23. Nie een van hulle sal bly lewe nie. Ek gaan onheil oor die mense van Anatot bring. Die tyd om hulle te straf, het aangebreek.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 11