Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 8:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die dag waarop hulle dit in al die provinsies van koning Ahasveros kon doen, was die dertiende van die twaalfde maand, die maand Adar.

13. ’n Afskrif van die proklamasie moes na elke provinsie gaan en as wet afgekondig word. Al die volke moes daarvan kennis neem. Die Jode moes reg wees om hulle op daardie dag op hulle vyande te wreek.

14. Die boodskappers op die perde uit die koning se stalle het toe, volgens die opdrag van die koning, haastig vertrek. Die proklamasie is tegelyk ook in die hoofstad Susan afgekondig.

15. Toe Mordegai van die koning af weg is, was hy geklee in ’n koninklike kleed van blou en wit linne, met ’n groot goue kroon op sy kop, en ’n mantel van fyn linne en pers stof aan. Die stad Susan was verheug en baie bly oor die proklamasie.

16. Vir die Jode was daar weer lig en vreugde en blydskap en hulle het aansien onder die ander volke gehad.

17. In elke provinsie en in elke stad waar die besluit en proklamasie van die koning afgekondig is, was daar vreugde en blydskap onder die Jode. Hulle het ’n feesdag uitgeroep en saam geëet. Baie mense uit die ander volksgroepe het Jode geword omdat hulle bang was vir die Jode.

Lees volledige hoofstuk Ester 8