Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 4:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Koningin Ester se diensmeisies en die haremamptenare het haar van Mordegai kom vertel. Sy was baie ontsteld. Sy het vir hom ander klere gestuur om in die plek van sy rouklere aan te trek. Hy het geweier.

5. Ester het vir Hatak laat kom. Hy was een van die koning se haremopsigters wat haar moes oppas. Hy moes by Mordegai gaan uitvind wat aan die gang is en hoekom hy so maak.

6. Hatak gaan toe na Mordegai waar hy op die plein voor die ingang van die koninklike paleis is.

7. Mordegai het hom ingelig oor alles wat gebeur het en van die bedrag wat Haman aangebied het aan die skatkis van die koning om die Jode te kan doodmaak.

8. Hy het ook vir Hatak ’n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is om hulle uit te roei. Hatak moes dit aan Ester wys en vir haar alles verduidelik. Hy moes by haar aandring om na die koning toe te gaan en by hom om genade te smeek vir haar volk.

9. Hatak het met Mordegai se boodskap na Ester toe teruggegaan.

10. Sy het Hatak weer na Mordegai gestuur om vir hom te sê:

11. “Elke amptenaar van die koning en die volke in die provinsies van die koning weet dat enige man of vrou wat na die koning toe gaan as hulle nie ontbied is nie, volgens voorskrif net daar doodgemaak word, tensy die koning sy goue septer na so ’n persoon toe uitsteek. Dit is nou al 30 dae sedert die koning my laas laat kom het.”

12. Ester se woorde is aan Mordegai oorgedra.

Lees volledige hoofstuk Ester 4