Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 9:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ek het gebid: “My God, ek is so skaam en verneder, ek kan nie na U kyk nie. Ons sondes is hoër as ons koppe en ons skuld reik tot aan die hemel.

7. Van ons voorgeslagte af tot nou toe het ons ons al aan verskriklike oortredings skuldig gemaak. Dit is hoekom U ons, ons konings en ons priesters uitgelewer het aan die mag van die heidense konings van die land. Net soos dit nou die geval is, het hulle ons doodgemaak, gevange geneem, beroof en verneder.

8. “Die Here ons God het nou vir ’n klein rukkie genade aan ons bewys deur toe te laat dat sommige van ons as ’n oorblyfsel oorleef het. Hy het in sy heilige plek vir ons ’n vaste plek gegee. So het God ons moed laat skep en ons vir ’n rukkie losgemaak van ons slawerny.

Lees volledige hoofstuk Esra 9