Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Utai en Sabud uit die familie van Bigwai en nog 70 ander mense.

15. Ek het die ballinge by die kanaal wat by Ahawa verbyloop, laat bymekaarkom. Daar het ons vir drie dae gekamp terwyl ek die lyste met mense en priesters wat aangekom het, nagegaan het. Ek het uitgevind dat daar nie een Leviet onder hulle was nie.

16. Ek het toe vir Eliëser, Ariël, Semaja, Elnatan, Jarib, Elnatan, Natan, Sagaria en Mesullam laat roep. Hulle was die leiers van die mense. Ek het ook vir Jojarib en Elnatan, twee verstandige mense, laat roep.

17. Ek het hulle na Iddo, die leier van die Leviete in Kasifja gestuur met ’n versoek. Hy en sy naasbestaandes, asook die tempelwerkers, moes mense stuur om in die tempel van ons God diens te doen.

18. Omdat ons God vir ons goed was, het hulle ’n verstandige man met die naam Serebja gestuur saam met agtien van sy seuns en broers. Hy was uit die familie van Magli seun van Levi, ’n seun van Israel.

19. Hulle het ook vir Gasabja gestuur en saam met hom Jesaja uit die familie van Merari en twintig van sy seuns en broers

20. en 220 tempelwerkers. Die tempelwerkers was ’n groep werkers wat destyds deur koning Dawid en sy amptenare aangestel is om die Leviete te help. Hulle name is almal op die lys geplaas.

Lees volledige hoofstuk Esra 8