Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 7:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Gebruik hierdie bydraes uitsluitlik om bulle, ramme, lammers en die nodige graanoffers en drankoffers te koop. Dit is vir alles wat julle op die altaar van die tempel van God in Jerusalem gaan offer.

18. Die goud en die silwer wat oorbly, mag jy en jou mense gebruik soos julle goeddink volgens die wil van julle God.

19. Maar die voorwerpe wat ons aan jou gegee het vir diens in die tempel van jou God, moet jy net so vir die God van Jerusalem gaan gee.

20. As jy nog iets nodig het vir die tempel van jou God en geld kortkom, mag jy dit uit die koninklike fondse vat.

21. “Ek, koning Artasasta, gee die volgende opdrag aan al die amptenare van die tesourie in die provinsie wes van die Eufraatrivier: ‘Julle moet vir Esra alles gee wat hy julle vra, want hy is ’n priester en kenner van die bevele van die God van die hemel.

22. Hy mag tot soveel as drie en ’n half ton silwer, sestien en ’n half ton graan, 2 200 liter wyn, 2 200 liter olyfolie en ’n onbeperkte voorraad sout aanvra.

23. Julle moet enigiets wat die God van die hemel vir sy tempel vereis, voorsien. Daar is geen rede waarom ons die risiko moet loop om sy woede teen die ryk van die koning en van sy nageslag te laat ontvlam nie.

24. Ek gee ook opdrag dat geen priester, Leviet, sanger, deurwag, tempelwerker of enige werker in hierdie tempel van God verplig mag word om enige belasting te betaal nie.’

25. “En jy, Esra, moet met die wysheid wat God jou gegee het, amptenare en regters aanstel oor die mense van die provinsie wes van die Eufraatrivier. Hulle moet die wette van jou God ken. As hulle hierdie wette nie ken nie, moet jy dit vir hulle leer.

26. Enigiemand wat nie die wet van jou God of die wet van die koning gehoorsaam nie, moet julle dadelik straf met die dood, verbanning, konfiskering van besittings of tronkstraf.”

27. Loof die Here, die God van ons voorouers wat die koning laat besluit het om op hierdie manier eer te bring aan die tempel van die Here in Jerusalem.

28. Hy het met sy troue liefde gesorg dat ek die agting van die koning, sy raadgewers en sy sleutelamptenare geniet! Ek het moed geskep toe ek besef dat ek die hulp van die Here my God het. Toe het ek van die leiers van Israel byeengebring om saam met my na Jerusalem toe terug te gaan.

Lees volledige hoofstuk Esra 7