Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:58-70 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

58. Die getal tempelwerkers en die nageslag van die slawe van koning Salomo was saam 392.

59. ’n Groep mense het uit die stede Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer ook na Jerusalem toe teruggekom. Hulle kon egter nie bewys dat hulle of hulle nageslag afstammelinge van Israel was nie.

60. Hierdie groep het bestaan uit die nageslag van Delaja, Tobija en Nekoda. Hulle was saam 652 mense.

61. Drie priesterfamilies, naamlik Gabaja, Kos en Barsillai het ook na Jerusalem toe teruggekom. Barsillai het met ’n vrou getrou wat ’n afstammeling van Barsillai van Gilead was. Hy het haar van aangeneem.

62. Hulle het hulle geslagsregister verloor en is daarom nie toegelaat om as priesters diens te doen nie.

63. Die goewerneur wou hulle nie toelaat om van die kos wat as offers gebring was, te eet nie, altans nie voordat ’n priester die lot daaroor gewerp het om te besluit of hulle dit mag eet of nie.

64. ’n Totaal van 42 360 mense het na Juda toe teruggekeer.

65. Daarby moet nog 7 337 slawe en slavinne en 200 manlike en vroulike sangers getel word.

66. Hulle het 736 perde en 245 muile saamgebring,

67. asook 435 kamele en 6 720 donkies.

68. Toe hulle by die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het sommige van die familiehoofde vrywillige bydraes gemaak sodat God se tempel op die oorspronklike plek herbou kon word.

69. Elkeen van hulle het soveel gegee as wat hulle kon. Die somtotaal van wat hulle geskenk het, was ongeveer 500 kilogram goud, 3 000 kilogram silwer en 100 kledingstukke vir die priesters.

70. Die priesters, die Leviete, die sangers, die werkers by die ingange van die tempel, die tempelwerkers en ook van die gewone mense, het in hulle eie dorpies naby Jerusalem gaan woon. Die res van die mense het in die ander stede in Juda, waarvandaan hulle vantevore gekom het, gaan bly.

Lees volledige hoofstuk Esra 2