Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 46:12-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. “Wanneer ook al die regeerder ’n vrywillige brandoffer of vrede-offer aan die Here wil bring, moet die oostelike ingang oopgemaak word sodat hy daar ingaan. Hy bring sy offers net soos op Sabbatdae. Dan draai hy om en gaan terug soos hy gekom het. Die ingang moet agter hom gesluit word.

13. “Elke môre moet ’n jaaroud ramlammetjie sonder liggaamsgebrek vir die Here as brandoffer gebring word.

14. Saam met die lam moet daar ook ’n graanoffer van drie kilogram meel gebring word met een en ’n derde liter olyfolie om die meel mee klam te maak. Dit moet ’n vaste instelling wees.

15. Die lam, graanoffer en olyfolie moet elke môre gebring word as ’n daaglikse brandoffer.”

16. “So sê die oppermagtige Here: As die regeerder aan een van sy seuns grond gee, behoort dit aan hom en sy nageslag vir altyd.

17. Maar as hy grond aan een van sy werknemers gee, mag die werknemer dit net hou tot die hersteljaar, elke 50ste jaar. Dan word dit weer die regeerder en sy nageslag se eiendom.

18. Die regeerder mag niemand se grond afvat nie. As hy vir sy kinders grond gee, moet dit van sy eie eiendom wees. Niemand van my mense mag van hulle grond afgesit word nie.”

19. Toe het die man my na die noordelike ingang geneem, na die gewyde kamers waar die priesters bly. Hy wys my toe ’n plek agter die gebou, aan die westekant daarvan

Lees volledige hoofstuk Esegiël 46