Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 31:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 21 Junie, gedurende die elfde jaar van koning Jojagin se ballingskap, het die Here vir my gesê:

2. “Mensekind, gaan sê vir die farao, koning van Egipte, en al sy mense: “Met wie kan jou grootheid vergelyk word?

3. Jy is soos Assirië. Hy was op die Libanonberge’n seder met baie dik takke.Met sy top tussen die wolke, het dit die bos donker gemaak.

4. Die waters het hom natgemaaken hy het groot en hoog gegroei.Die water was ook genoeg vir alle bome rondom hom.

5. Hierdie groot boom het bo al die ander bome uitgestaan. Hy het floreer met lang, dik takkeomdat daar so baie water was.

6. Die voëls van die hemelhet in sy takke nes gemaak;in sy skaduwee het die wilde diere hulle kleintjies in die wêreld gebring. Die groot nasies van die wêreld het in sy skaduwee geleef.

7. Hy het groot en mooi geword met takke wat ver uitgesprei het.Sy wortels het diep afgegaan na waters wat in oorvloed was.

8. Die seders in die tuin van God kon nie met hom meeding nie. Die sipresse en platane se takke was nie so groot soos syne nie. Geen boom in die tuin van God was so mooi soos hierdie seder nie.

9. Ek het hom mooi gemaak met baie takke. Al die ander bome in die tuin van God was jaloers op hom.

10. “So sê die oppermagtige Here: Die seder het trots en arrogant geword, en homself bo ander aangestel en sy top tot tussen die wolke gedruk.

11. Daarom het Ek hom oorgegee aan die leier van nasies wat hom gaan vernietig soos sy boosheid verdien. Ek het hom eenkant neergegooi.

12. Die wreedste van vreemde soldate het hom afgekap en hom op die grond laat val. Die takke lê verstrooid oor die berge en valleie en ravyne. Al die mense wat in sy skaduwee geleef het, het weggegaan en hom agtergelaat.

13. Die voëls het op sy omgevalle stam kom sit, en die wilde diere het tussen sy takke gelê.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 31