Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 2:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hulle is ’n hardkoppige geslag wie se harte verhard is. Maar Ek stuur jou om vir hulle te gaan sê: ‘Dit is wat die oppermagtige Here sê!’

5. En of hulle luister of nie, hulle moet ten minste weet dat daar ’n profeet tussen hulle is. Onthou, hulle is ’n opstandige spul.

6. “Mensekind, moenie vir hulle bang wees nie. Moenie vrees nie, selfs al steek hulle dreigemente soos skerp dorings en doringstruike, en al leef jy tussen skerpioene. Moenie skrik vir wat hulle sê nie en moenie vrees vir hoe hulle lyk nie. Onthou, hulle is ’n klomp opstandige mense.

7. Gee my boodskap vir hulle, of hulle luister of nie. Maar hulle sal nie luister nie. Die hele spul is immers hardkoppig.

8. “Mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie so opstandig wees soos hulle nie. Maak jou mond oop en eet wat Ek vir jou gee.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 2