Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 12:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Die Here het weer met my gepraat:

18. “Mensekind, bewe terwyl jy jou kos eet en bewe van vrees terwyl jy jou water drink.

19. Sê vir die burgers van die land: So sê die oppermagtige Here vir die inwoners van Jerusalem en vir die land Israel: Hulle sal bewe terwyl hulle hulle kos eet en hulle sal hulle water in wanhoop drink. Hulle land sal gestroop word van alles wat daarin is oor al die geweld wat die mense wat daarin bly, gepleeg het.

20. Die stede sal verwoes word en die grond sal verlate lê. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”

21. Die Here het nog ’n keer met my gepraat:

22. “Mensekind, wat is daardie spreuk wat in die land Israel gebruik word? Julle sê: ‘Die tyd gaan verby en maak van elke profeet ’n leuenaar.’

23. Sê vir die mense die oppermagtige Here sê: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord. Hulle sal ophou om dit in Israel te gebruik. Ek gee ’n nuwe spreekwoord in die plek van die ou een: ‘Die tyd het gekom dat elke profesie waar sal word!’

24. “Dan sal julle sien wat van al die vals visioene en al die vleiende voorspellings in Israel word,

25. want Ek is die Here! Wat Ek sê, gebeur altyd. Dit sal nie verder uitgestel word nie. In julle dag, opstandige volk, sê Ek dit en doen Ek dit, sê die oppermagtige Here.”

26. Toe het die Here weer met my gepraat:

27. “Mensekind, die mense van Israel sê: ‘Wat hy nou sê, gaan nie gou gebeur nie, eers oor ’n lang tyd!’

28. Daarom, sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Niks van wat Ek gesê het, gaan verder uitgestel word nie. Ek gaan nou alles doen wat Ek gesê het! So sê die oppermagtige Here.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 12