Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 11:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Gees het my toe opgelig en na die oostelike ingang van die tempel van die Here gebring. Daar sien ek toe 25 leiers van die stad. Tussen hulle was Jaäsanja seun van Assur en Pelatja seun van Benaja. Hulle was leiers van die volk.

2. Die Gees sê toe vir my: “Mensekind, dít is die mans wat bose planne uitdink en slegte advies in hierdie stad gee.

3. Hulle sê vir die mense: ‘Is dit nie ’n goeie tyd om huise te bou nie? Ons stad is soos ’n ysterpot. Daarbinne is jy so veilig soos vleis in die pot.’

4. Daarom moet jy hard en duidelik teen hulle profeteer, mensekind.”

5. Die Gees van die Here kom toe oor my en Hy beveel my om te sê: “Dit is wat die Here van die mense van Israel sê: Is dit wat julle sê? Ja, Ek weet dit is. Ek ken mos elke gedagte wat in julle gedagtewêreld opkom.

6. Julle het aangehou om mense te vermoor sodat julle strate vol lyke is.

7. “Daarom sê die oppermagtige Here nou: Hierdie stad ís ’n ysterpot. Maar die slagoffers van julle bose optrede is die stukke vleis daarin. En julle is hoegenaamd nie veilig nie, want Ek sleep julle binnekort uit die stad.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 11