Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 3:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Skielik het die engel van God aan hom verskyn in ’n vlam wat in ’n bos brand. Moses was verwonderd, want die bos het aanhou brand, maar dit het nie uitgebrand nie.

3. “Dit is snaaks,” het Moses vir homself gesê. “Hoekom brand die bos dan nie uit nie? Laat ek gaan kyk wat aangaan.”

4. Toe die Here sien dat Moses naderkom om ondersoek in te stel, het Hy uit die bos na hom geroep: “Moses, Moses!” “Dit is ek, ja,” het Moses geantwoord.

5. “Moenie nog naderkom nie,” het die Here vir hom gesê. “Trek uit jou sandale. Die plek waarop jy staan, is heilige grond.”

6. God sê toe vir hom: “Ek is die God van jou voorouers – die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” Toe Moses dit hoor, het hy sy hande voor sy gesig gehou. Hy was bang om na God te kyk.

7. Die Here sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 3