Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27:4-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Jy moet ’n koperrooster om die altaar vassit. Sit ook ringe aan die vier hoeke van die altaar vas.

5. Sit die rooster net onder die rand van die altaar vas sodat dit tot by die helfte van die altaar gaan.

6. Om die rooster te dra moet jy drapale van akasiahout maak en hulle met koper oortrek.

7. Sit die pale deur die ringe aan die kante om dit daaraan te dra.

8. Die altaar is van plank en hol binne. Jy moet dit presies net so maak soos jy dit op die berg gesien het.”

9. “Maak ’n binnehof vir die tabernakel. Skort dit af met ’n gordyn van fyn linne. Aan die suidelike kant moet dit 44 meter lank wees. Die gordyn word regop gehou deur twintig regop koperpale wat op twintig voetstukke van koper staan.

10. Die gordyn hang aan hakies van silwer wat aan silwergordynpale bo-op die regop pale vas is.

11. Aan die noordekant van die binnehof is dit presies dieselfde. Daar is die gordyn ook 44 meter lank. Dit hang aan silwerhakies en pale wat op kopervoetstukke rus.

12. Die afskorting aan die westekant van die voorhof is 23 meter lank. Daar is tien koperpale op hulle voetstukke.

13. Aan die oostekant is die opening ook 23 meter lank.

14. Die ingang na die binnehof kom aan die oostekant. Aan die regterkant van die opening is daar ’n linnegordyn van sewe en ’n half meter lank wat aan drie regop pale op hulle voetstukke hang.

15. Die gordyn aan die linkerkant is ook van sewe en ’n half meter linne aan drie pale op hulle voetstukke.

16. “Vir die ingang na die binnehof moet jy ’n afskorting van tien meter maak. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Dit moet ook geborduur wees. Dit hang aan vier regop pale op hulle voetstukke.

17. Al die regop pale van die binnehof word aan mekaar verbind met silwergordynpale waaraan daar silwerhakies is. Elke paal staan op sy voetstuk van koper.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 27