hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Teëspoed wag op julle wat dink julle is sorgvry en veiligin Jerusalem en Samaria. Julle word beskou as vooraanstaandeen belangrike mense van Israel. Die mense van die volk kom na julle vir hulp.

2. Gaan na Kalne en kyk wat het daar gebeur. Gaan van daar na die groot stad Hamat en nog verder af na Gat van die Filistyne. Julle is tog nie beter as hierdie stede nie. Julle grondgebied is nie groter as hulle s’n nie.

3. Julle wil nie glodat die dag van teëspoed naby is nie. Maar julle optrede bring selfdie tyd van geweld nader.

4. Julle lê ontspanneop julle ivoorversierde beddens en rusbanke.Julle eet die sagte vleis van uitgesoekte lammers en kalwers.

5. Julle sing liedjiessaam met die harp.Soos Dawid ontwerp jullemusiekinstrumente.

6. Julle drink bekers vol wynen smeer uitsoekolies aan.Maar oor die ondergang van Israelontstel julle julle nie.

7. Julle sal die eerstes weesom in ballingskap te gaan.Verby is die tyd vir uitspattige feesvierings.

8. Die oppermagtige Herehet ’n eed geneem en dit is wat die Here God,die Almagtige, gesê het:“Ek verag Israel se trots en haat hulle spoghuise. Ek sal die stad met alles daarinaan hulle vyande oorgee.

9. “As tien mense oorblyin een huis,sal hulle almal sterf.

10. As ’n familielid komom die lyke te verbrand, die huis binnegaan om die lyke weg te vat, en vra of daar enige oorlewendes is: ‘Is daar nog iemand saam met jou?’ en die persoon antwoord: ‘Nee!’ Dan sal die familielid sê: ‘Bly stil! Moenie eers die Here se Naamfluister nie. Hy kan jou dalk hoor!’

11. As die Here die opdrag gee,sal van die grootstetot die kleinste huise tot stukke en brokkeafgebreek word.

12. “Perde kan tog nie oor rotse galop nie!’n Mens gebruik mos nie osse om rotse om te ploeg nie!Tog het julle wat reg is in iets giftigs verander, en wat regverdig is in iets wat bitter is.

13. Julle spog oor Lo-Dabaren sê:‘Het ons nie Karnajim op eie krag ingeneem nie?’”

14. Die Here God, die Almagtige, sê:“O volk van Israel, Ek sal ’n vyandige volk oor julle laat heers.Hulle sal julle onderdruk vanaf Lebo-Hamat in die noorde tot by die Arabaspruit in die suide.”