hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister na hierdie boodskap wat Ek, die Here, oor julle te sê het, mense van Israel. Dit raak die hele volk wat Ek uit Egipte laat trek het.

2. “Ek het net vir julle gekiesuit al die volke op die aarde. Daarom sal Ek julle strafvir al julle sondes.”

Getuies teen Israel

3. Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreekom dit te doen?

4. Sal ’n leeu in ’n bos brul sonder dat hy ’n prooi het?Sal ’n leeu grom in die ruigtesas hy niks gevang het nie?

5. Sal ’n voël gevang wordas ’n wip nie gestel is nie?Sal ’n wip toeklap op die grondas dit nie iets gevang het nie?

6. As die oorlogstrompet blaas,sal mense dan nie skrik nie?As ’n ramp ’n stad tref,het die Heredit dan nie veroorsaak nie?

7. Die oppermagtige Heredoen niks sonder om sy diensknegte, die profete, daaroor in te lig nie.

8. Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie?Die oppermagtige Herehet gepraat!Wie sal weier om as profeet op te tree?

9. Kondig die volgende boodskap in die paleise in Asdod en in Egipte aan: “Kom bymekaar op die heuwels rondom Samaria en aanskou die groot misdade en onderdrukking wat in hierdie stad aangaan.”

10. Die Here sê: “Hierdie mense het vergeet wat dit beteken om reg te laat geskied.Hulle luukse blyplekke is vol rykdom, deur diefstal en geweld in die hande gekry.”

11. Die oppermagtige Heresê verder:“Daarom is ’n vyand op pad!Hy sal die vestings afbreek en jou paleise plunder.”

12. Die Here sê: “’n Skaapwagter sal twee bene of miskien ’n stukkie oor reduit ’n leeu se bek. Net so sal die Israeliete gered word, hulle wat in Samaria op gemaklike banke sit en op ’n rusbank in Damaskus.”

13. Luister hierna en kondig dit aan deur die hele Israel, sê die oppermagtige Here die almagtige God:“Luister na My en waarsku Jakob se nageslag.

14. Die dag as Ek Israel se oortredings straf, sal Ek ook die heidense altare in Bet-El vernietig.Die afgebreekte horings van die altaar sal op die grond val.

15. Ek sal winterhuise en somerhuise verwoes.Ek sal die ivoorversierde huise afbreek, niks sal van al hierdie plekkeoorbly nie.”Dit is wat die Here sê!