Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe het die Gees van God op Asarja seun van Oded gekom.

2. Hy het koning Asa tegemoetgegaan. “Luister na my, Asa!” het hy geroep. “Luister, al die manne van Juda en Benjamin! Die Here sal by julle bly so lank as wat julle by Hom bly; wanneer julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3. Vir ’n lang tyd was Israel sonder die ware God, sonder ’n priester om hulle te onderrig, en sonder die gebooie van God.

4. Wanneer hulle in nood was en hulle teruggedraai het na die Here die God van Israel en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5. In daardie tye was dit nie veilig om te reis nie, want oral was daar groot onrus vir die inwoners van die land.

6. Volk het teen volk geveg, en stad teen stad, want God het onrus en nood oor hulle gebring.

7. En nou, manne van Juda, wees sterk en moenie moedeloos word nie, want julle werk sal beloon word.”

8. Toe Asa hierdie boodskap hoor van die profeet, die seun van Oded, het hy moed geskep en al die afgodsbeelde in die land van Juda en Benjamin en in die dorpe wat hy in die Efraimsberge verower het, verwyder. Hy het die altaar van die Here wat by die ingang tot die tempel van die Here was, herstel.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15