Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:3-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Tog het hy voortgegaan met die sonde van afgodery waarmee Jerobeam die seun van Nebat die volk Israel verlei het. Hy het hom nie daarvan bekeer nie.

4. Koning Mesa van Moab en sy onderdane was skaapboere. Hulle het aan die koning van Israel ’n jaarlikse belasting van 100 000 lammers en die wol van 100 000 ramme betaal.

5. Na Agab se dood het Moab egter teen die koning van Israel in opstand gekom.

6. Koning Joram het toe die leër van Israel opgekommandeer en uit Samaria opgeruk.

7. Hy stuur toe ook die volgende boodskap aan koning Josafat van Juda: “Die koning van Moab het teen my gerebelleer. Sal jy saam met my teen hom veg?”Josafat het geantwoord: “Maar natuurlik! Ek is saam met jou in die saak! My soldate is tot jou beskikking, soos ook my perde.”

8. Hy vra toe: “Met watter pad sal ons gaan?”“Ons sal hulle uit die woestyn van Edom aanval,” kom die antwoord.

9. Die koning van Edom en sy leër het ook saam met hulle opgetrek. Al drie leërs het met ’n ompad sewe dae lank deur die woestyn getrek. Maar daar was geen water vir die soldate of hulle pakdiere nie.

10. “Wat sal ons nou maak?” sê die koning van Israel. “Die Here het ons drie hier in die moeilikheid gebring sodat die koning van Moab ons kan verslaan.”

11. Maar koning Josafat van Juda vra: “Is daar nie ’n profeet van die Here saam met ons nie? As hier een is, kan ons die Here deur hom vra wat ons moet doen.”Een van koning Joram se offisiere antwoord hom: “Elisa seun van Safat is hier. Hy was Elia se persoonlike dienaar.”

12. Josafat sê toe: “Die Here praat deur hom.” Die konings van Israel, Juda (naamlik Josafat) en Edom het Elisa gaan raadpleeg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3