Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Intussen het die seun Samuel die Here gedien onder Eli se toesig. In daardie tyd was boodskappe van die Here baie skaars en visioene was seldsaam.

2. Eli was toe al feitlik blind. Een nag terwyl hy nog slaap

3. en die lamp van God nog gebrand het en Samuel in die heiligdom van die Here by die ark van God gelê en slaap het,

4. het die Here geroep: “Samuel!”“Ek kom!” antwoord Samuel.

5. Hy spring op en hardloop na Eli toe. “Hier is ek. U het my geroep!”“Nee, ek het jou nie geroep nie,” antwoord Eli. “Gaan maar terug bed toe.” Hy maak toe so.

6. Die Here het hom weer geroep.Samuel het weer uit die bed gespring en na Eli toe hardloop. “Hier is ek,” sê hy. “U het my geroep.”“Ek het jou nie geroep nie, my seun,” sê Eli. “Gaan slaap maar weer.”

7. Samuel het nie vooraf geweet dat dit die Here is nie, want die Here het nog nie met hom gepraat nie.

8. Die Here roep hom toe vir die derde keer, en weer hardloop hy na Eli toe. “Hier is ek,” sê hy. “U het my tog geroep.”Toe besef Eli dat dit die Here is wat die seun geroep het.

9. Daarom sê hy vir Samuel: “Gaan lê en as iemand weer na jou roep, sê dan: ‘Ja, Here, u dienaar luister.’” Samuel is weer terug na sy bed toe.

10. Die Here kom staan toe daar en roep soos die vorige kere: “Samuel, Samuel!”Samuel het geantwoord: “Ja, Here, u dienaar luister.”

11. Die Here sê vir Samuel: “Ek is op die punt om ’n skokkende ding in Israel te doen.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3