Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:30-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. “Daarom, sê die Here, die God van Israel: ‘Ek het inderdaad gesê dat jou huis en jou nageslag altyd my priesters sou wees. Maar nou sê Ek, die Here, dit sal nie gebeur nie! Ek eer net hulle wat My eer, en Ek verag dié wat My verag.

31. Kyk, daar kom ’n tyd wanneer Ek die priesterskap van jou nageslag en die nageslag van jou pa sal wegneem. Niemand in jou pa se huis sal oud word nie.

32. Jy sal in jou ellende na my woning staan en kyk, en sien hoeveel voorspoed Ek vir Israel gee, maar daar sal niemand in jou familie wees wat oud word nie.

33. Tog sal Ek een man spaar om by die altaar te dien. Wanneer jou oë dof word en jou kragte min, sal jou afstammelinge in die fleur van hulle lewe sterf.

34. Om te bevestig dat wat Ek sê, bewaarheid sal word, sal jou twee seuns, Hofni en Pinehas, op dieselfde dag sterf.

35. “Dan sal Ek ’n getroue priester aanstel wat My sal dien. Hy sal doen wat Ek vereis. Ek sal sy nageslag seën en hulle sal lewenslank priesters wees vir my gesalfde.

36. Dan sal jou nageslag voor sy nageslag kom buig en vir geld of ’n stukkie brood bedel. Hulle sal sê: ‘Gee ons asseblief werk in een van die priesterordes sodat ons kos kan hê om te eet.’”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2