Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:26-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Soos die jong Samuel groter geword het, het hy ook al meer die guns van die Here en die mense gewen.

27. Op ’n dag kom ’n man van God by Eli met die volgende boodskap van die Here: “Ek het Myself duidelik aan jou voorouers bekendgemaak toe die Israeliete in Egipte slawe van die farao was.

28. Ek het jou vader Aäron uit al sy bloedverwante gekies om offers op my altaar te offer, om wierook te brand en om die priesterlike skouerkleed te dra wanneer hy My dien. Ek het die vuuroffers van die Israeliete aan jou familie gegee.

29. Hoekom minag julle dan my diere-offer en graanoffer wat Ek in my woning voorgeskryf het? Hoekom het jy meer respek vir jou seuns as vir My? Julle het vet geword van die beste van die offers van my volk Israel!

30. “Daarom, sê die Here, die God van Israel: ‘Ek het inderdaad gesê dat jou huis en jou nageslag altyd my priesters sou wees. Maar nou sê Ek, die Here, dit sal nie gebeur nie! Ek eer net hulle wat My eer, en Ek verag dié wat My verag.

31. Kyk, daar kom ’n tyd wanneer Ek die priesterskap van jou nageslag en die nageslag van jou pa sal wegneem. Niemand in jou pa se huis sal oud word nie.

32. Jy sal in jou ellende na my woning staan en kyk, en sien hoeveel voorspoed Ek vir Israel gee, maar daar sal niemand in jou familie wees wat oud word nie.

33. Tog sal Ek een man spaar om by die altaar te dien. Wanneer jou oë dof word en jou kragte min, sal jou afstammelinge in die fleur van hulle lewe sterf.

34. Om te bevestig dat wat Ek sê, bewaarheid sal word, sal jou twee seuns, Hofni en Pinehas, op dieselfde dag sterf.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2