Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:6-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Naära het geboorte gegee aan Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Dit was die seuns van Naära.

7. Die seuns van Gela was Seret, Sogar, Etnan

8. en Kos, wat die pa was van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, die seun van Harum.

9. Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.

10. Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: “Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!” En God het sy versoek gehoor en dit gedoen.

11. Kelub was die broer van Suga. Hy was die pa van Megir. Megir was die pa van Eston.

12. Eston was die pa van Bet-Rafa, Paseag en Teginna. Teginna was die pa van Ir-Nagas. Hulle was die afstammelinge van Reka.

13. Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja. Die seuns van Otniël was Gatat en Meonotai.

14. Meonotai was die pa van Ofra. Seraja was die pa van Joab, die stigter van die Vakmansdal, so genoem omdat daar baie ambagsmanne gebly het.

15. Die seuns van Kaleb, seun van Jefunne, was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas.

16. Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered het met ’n Egiptiese vrou getrou, wat die ma geword het van Mirjam, Sammai en Jisbag, wat die pa van Estemoa was.

18. Mered se Egiptiese vrou se naam was Bitja, en sy was ’n Egiptiese prinses. Mered het ook met ’n vrou van Juda getrou wat die ma geword het van Jered, die pa van Gedor, Geber, die pa van Soko, en Jekutiël, die pa van Sanoag.

19. Hodija se vrou was die suster van Nagam, pa van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka.

20. Die seuns van Simon was Amnon, Rinna, Ben-Ganan en Tilon. Die afstammelinge van Jisi was Soget en Ben Soget.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4