Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15:17-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Die Leviete het Heman, seun van Joël, Asaf, seun van Berekja, en Etan, seun van Kusaja uit die Merarigroep aangestel om die musikante te lei.

18. Die volgende manne is as hulle assistente aangewys: Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja asook die poortwagters Obed-Edom en Jeïel.

19. Heman, Asaf en Etan is gekies om met kopersimbale musiek te maak.

20. Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja het die liere gespeel.

21. Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja is gekies om met harpe te speel.

22. Kenanja, die leier van die Leviete, is as koorleier gekies omdat hy bekwaam was.

23. Berekja en Elkana is gekies om die ark te beskerm.

24. Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser, almal priesters, is gekies om die trompette te blaas terwyl hulle voor die ark van God uitloop. Obed-Edom en Jegija is gekies om die ark te beskerm.

25. Dawid en die leiers van Israel en die hoofde van die weermag het na Obed-Edom se huis gegaan om die ark van die Here se verbond in feestelike stemming te gaan haal.

26. Omdat God die Leviete gehelp het terwyl hulle die verbondsark van die Here gedra het, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27. Dawid het ’n mantel van fyn linne aangehad, nes die Leviete wat die ark gedra het, die sangers en Kenanja, die sangleier. Dawid het ook ’n linneskouerkleed aangehad.

28. Die hele Israel het die verbondsark van die Here opgeneem na Jerusalem toe met uitroepe van blydskap, die geblaas van horings en trompette, die slag van simbale en harde klank van harpe en siters.

29. Terwyl die verbondsark van die Here die Stad van Dawid inkom, het Mikal, Saul se dogter, deur haar venster gekyk. Toe sy sien hoe koning Dawid dans en van vreugde spring, het sy hom in stilte verag.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 15