Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Saulus het saamgestem met die teregstelling van Stefanus.’n Hewige vervolging van die kerk in Jerusalem het daardie dag begin. Al die gelowiges, behalwe die apostels, het uitgewyk na die gebiede van Judea en Samaria.

2. (Godvresende mense het Stefanus begrawe en hulle het baie oor hom getreur.)

3. Saulus het die kerk oral probeer vernietig. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vroue laat uitsleep en in die tronk laat sit.

4. Die gelowiges wat uit Jerusalem gevlug het, het so ver as wat hulle gegaan het, die Goeie Nuus verkondig.

5. Filippus het byvoorbeeld na die stad Samaria gegaan en hulle van Christus vertel.

6. Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister.

7. Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak.

8. Daar was groot blydskap in daardie stad.

9. In dié stad het ’n man met die naam Simon al vir jare lank die inwoners met sy toorkunste beïndruk. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iemand besonders was.

10. Almal, van die geringstes tot die belangrikstes, het na hom verwys as: “Die Grote, die Krag van God.”

11. Hulle het hom baie ernstig opgeneem, juis vanweë sy toorkunste.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8