Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:6-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die geluid van die stormwind en die stemme het ’n groot skare daar laat saamkom. Hulle was uit die veld geslaan omdat elkeen die gelowiges in hulle eie taal hoor praat het.

7. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan. “Hoe is dit moontlik?” het hulle uitgeroep. “Almal wat hier praat, is Galileërs,

8. en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat!

9. Hier is ons – Perse, Mediërs en Elamiete, mense wat in Mesopotamië bly, in Judea, Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië,

10. Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië na Sirene se kant toe, besoekers uit Rome –

11. Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!”

12. Hulle was almal uit die veld geslaan. “Wat kan dit tog beteken?” het party van hulle mekaar gevra.

13. Maar ander het gespot. “Hulle is maar net dronk!” het hulle gesê.

14. Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op. Hy het die skare met ’n harde stem toegespreek: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, neem nou deeglik kennis en luister goed na wat ek gaan sê: Julle moet nou goed luister!

15. Party van julle beweer hierdie mense is dronk. Dis nie waar nie! Dis heeltemal te vroeg daarvoor. Mense is nie nege-uur in die oggend al dronk nie.

16. Nee, wat hier gebeur, is waarvan God deur die profeet Joël gepraat het:

17. ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God:Ek sal my Gees uitstort op elkemens.Julle seuns en dogterssal die woord van God verkondig;julle jongmense sal gesigte sien,en julle oumense sal dromedroom.

18. Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan,sal Ek in daardie daemy Gees uitstorten hulle sal my woord verkondig.

19. En Ek sal wonders geebo in die hemelruimen wondertekens onder op die aarde –bloed en vuur en rookwolke.

20. Die son sal ’n donker kol word,en die maan ’n bloedkol,voordat die groot en heerlikeDag van die Here kom.

21. Elkeen wat die Naamvan die Here aanroep,sal verlos word.’

22. “Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het.

23. Maar julle het opgetree soos God dit vooruit bepaal het. Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor.

24. God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.

25. “Koning Dawid het die volgende van Hom gesê:‘Ek het die Here altyd by my gesien.Niks en niemandsal my laat wankel nie,want Hy is hier reg by my.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2