Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:8-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Onthou voordurend dat Jesus Christus uit koning Dawid se nageslag gebore is en dat Hy uit die dood opgewek is. Dit is die Goeie Nuus wat ek verkondig.

9. En omdat ek hierdie Goeie Nuus verkondig, ly ek en is ek soos ’n misdadiger in kettings geslaan. Maar die woord van God kan nie vasgeketting word nie.

10. Ek is bereid om vir dié wat deur God gekies is, enigiets te verduur as dit vir hulle deur Christus Jesus verlossing en ewige heerlikheid sal bring.

11. Hierdie woord is absoluut waar:As ons saam met Hom sterf,sal ons ook saam met Hom lewe.

12. As ons verdrukking ly,sal ons saam met Hom regeer.As ons Hom ontken,sal Hy ons ook ontken.

13. Maar as ons ontrou is –Hy bly getrou,want Hy kan Homself nie ontken nie.

14. Herinner almal aan hierdie dinge, en vermaan hulle in God se Naam om op te hou met ’n bakleiery oor woorde. Sulke argumente is nutteloos en kan die mense ruïneer wat dit aanhoor.

15. Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik.

16. Vermy goddelose en dwase gepraat wat net tot verdere goddeloosheid lei.

17. Hierdie soort praatjies versprei soos kanker. Himeneus en Filetus is voorbeelde hiervan.

18. Hulle het die pad van die waarheid verlaat met hulle bewering dat die opstanding van die dooies alreeds plaasgevind het. Daarmee het hulle die geloof van sommige ondermyn.

19. Maar God se waarheid staan vas soos ’n fondamentsteen met die volgende inskripsie: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Dié wat beweer dat hulle aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.”

20. In ’n rykmanshuis is sommige gebruiksartikels van goud en silwer, en ander weer van hout en klei. Die kosbare artikels word by spesiale geleenthede gebruik en die goedkoperes is vir gewone gebruik.

21. As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy ’n kosbare item wees, ’n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2