Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:17-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Wat ek nou gaan sê, kom nie van die Here nie. Nee, in hierdie saak praat ek regtig soos ’n dwaas in die vertroue dat ek wel rede het om te spog.

18. Aangesien daar baie mense is wat op menslike gronde spog, gaan ek ook nou spog.

19. Julle wat só slim is, verdra mos geredelik die dwase.

20. Julle verdra dit as iemand julle op sleeptou neem, as iemand julle uitbuit, as iemand julle inloop, as iemand grootmeneer speel, as iemand julle trompop beledig.

21. Ek sê dit tot my “skande” dat ons te “swak” daarvoor was!Nou praat ek regtig soos ’n dwaas: As iemand dit wil waag om te spog, ek kan nog meer spog.

22. Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die saad van Abraham? Ek ook.

23. Is hulle diensknegte van Christus, ek nog meer – nou praat ek regtig asof ek heeltemal van my verstand af is! Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare dikwels.

24. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry;

25. drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef.

26. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van nie-Jode; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges.

27. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees.

28. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11