Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 9:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. As ek dan inderdaad die Goeie Nuus verkondig, is dit vir my geen besondere prestasie nie. Ek is verplig om dit te doen. Wee my as ek dit sou nalaat!

17. As ek dit uit vrye wil sou doen, sou ek op vergoeding kon aanspraak maak. Maar as ek dit nie uit vrye wil doen nie, dan staan die saak heeltemal anders. En dit is inderdaad die geval: God het ’n bestuurstaak aan my toevertrou.

18. Is daar dan vir my enige beloning? My beloning lê vir my juis in wat ek vrywillig addisioneel doen, naamlik dat ek in my werk as evangelieverkondiger die Goeie Nuus kosteloos aanbied sonder om van my reg as prediker gebruik te maak.

19. Alhoewel ek dus teenoor niemand ’n verpligting het nie – omdat hulle my nie vergoed nie – het ek myself aan almal diensbaar gemaak sodat ek soveel mense moontlik vir Christus kan wen.

20. Onder die Jode het ek soos ’n Jood geword om hulle vir Christus te wen. Alhoewel ek nie meer onder die wet staan nie, het ek vir hulle wat onder die wet staan, geword soos iemand onder die wet om hulle wat nog onder die wet staan, vir Christus te wen.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 9