hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die boodskapper wat met my gepraat het, teruggekom en my laat opstaan soos ’n man wat uit die slaap uit wakker gemaak word.

2. Hy het vir my gesê: “Wat sien jy?” Ek antwoord: “Ek sien, let op, ’n kandelaar, heeltemal van goud, met sy oliebak bo-op hom en sy sewe lampe op hom, met sewe tuite wat elk aan die lampe behoort wat op die kandelaar is;Open 11:4

3. ook twee olyfbome by dit, een aan die regterkant van die oliebak en een aan die linkerkant daarvan.”

4. Toe het ek vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat beteken dit, my meester?”

5. Die boodskapper wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek het gesê: “Nee, my meester.”

6. Toe sê hy vir my: “Dit is die woord van יהוה aan Z’rubavel, wat sê: ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur My Gees,’ sê יהוה-Tzva’ot.

7. ‘Wat is jy, o groot berg? Voor Z’rubavel sal jy ’n vlakte word en hy sal die sluitsteen te voorskyn bring met uitroepe van: “Onverdiende guns, onverdiende guns daarvoor!”’”

8. Die boodskap van יהוה het ook tot my gekom en gesê:

9. “Die hande van Z’rubavel het die fondasie van hierdie huis gelê en sy hande sal dit voltooi, dan sal jy weet dat יהוה-Tzva’ot my na julle toe gestuur het,

10. want wie verag die dag van klein dinge? Hierdie sewe sal egter bly wees as hulle die skietlood in die hand van Z’rubavel sien; dit is die oë van יהוה wat heen en weer die aarde deurkruis.”

11. Toe het ek vir hom gesê: “Wat is hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan sy linkerkant?”

12. Ek het die tweede keer gepraat en vir hom gesê: “Wat is die twee olyftakke wat langs die twee goue pype is wat die goue olie uit hulleself leeg maak?”

13. Hy antwoord my en sê: “Weet jy nie wat hierdie is nie?” Ek antwoord: “Nee, my meester.”

14. Toe sê hy: “Hierdie is die twee gesalfdes wat by die Meester van die ganse aarde staan.”