hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Maak oop jou deure, o L’vanon, dat ’n vuur mag voed op jou sederbome!

2. Huil, o sipres, want die seder het geval omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Bashan omdat die ondeurdringbare woud neergevel is.

3. Daar is die klank van die herders se gehuil, want hulle lof en eer is verwoes; daar is die klank van die jong leeus se brul, want die trots van die Yarden is verwoes.

4. So sê יהוה my God: “Laat die trop wei wat verdoem is tot slagting.

5. Dié wat hulle koop, slag hulle sonder om gestraf te word en elkeen wat hulle verkoop sê: ‘Geseënd is יהוה, want ek het ryk geword!’ Hulle eie herders het geen medelye met hulle nie,

6. want Ek sal nie langer medelye hê met die inwoners van die land nie,” verklaar יהוה; “maar let op, Ek sal die mense laat val, elkeen in die hand van ’n ander en in die hand van sy koning en hulle sal die land verwoes en Ek sal hulle nie uit hul hand red nie.”

7. Ek het die skape, verdoem tot slagting, die geteisterdes van die trop, van toe af laat wei! Ek het vir myself twee stawwe gevat: die een het ek ‘guns’ genoem en die ander het ek ‘eenheid’ genoem; so het ek die skape laat wei.

8. Toe het ek die drie herders in een maand vernietig, want my persoon was ongeduldig met hulle en hulle persoon was ook moeg van my.

9. Toe het ek gesê: “Ek sal julle nie meer versorg nie. Wat gaan sterf, laat dit sterf en wat uitgewis gaan word, laat dit uitgewis word en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!”Yir 31:31

10. Ek het my staf ‘guns’ gevat en in stukkies gebreek, om my verbond te verbreek wat ek met al die volke gesluit het.

11. Dit is op daardie dag verbreek en so het die geteisterdes van die trop wat my dopgehou het, besef dat dit die boodskap van יהוה was.

12. Ek het vir hulle gesê: “As dit goed is in julle oë, gee my loon, maar so nie, laat dit staan.” Hulle het my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer, as my loon.Mat 26:15 Ek het die dertig sikkels silwer gevat en dit in die huis van יהוה vir die pottebakker gegooi.Mat 27:10

13. Toe sê יהוה vir my: “Gooi dit vir die pottebakker, die fantastiese prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is.”

14. Toe het ek my tweede staf, ‘eenheid’, in stukkies gesny, om die broederskap tussen Y’hudah en Yisra’el te verbreek.

15. יהוה het vir my gesê: “Vat weer vir jouself die gereedskap van ’n dwase herder,

16. want let op, Ek gaan ’n herder laat opstaan in die land wat nie vir die ellendige gaan sorg, die verstrooides gaan soek, die gebrokenes gaan genees of die wat staan in stand gaan hou nie, maar die vleis van die vettes sal hy eet en hulle kloue afskeur.

17. Wee die waardelose herder wat die skape in die steek laat! ’n Swaard sal op sy arm en op sy regteroog wees! Sy arm sal heeltemal verdor en sy regteroog blind wees!