hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie dag sal ’n fontein vir die huis van Dawid oopgemaak word en vir die inwoners van Yerushalayim, vir sonde en onreinheid.

2. Dit sal op daardie dag gebeur,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “dat Ek die name van die afgode uit die land sal afsny en hulle sal nie langer onthou word nie en Ek sal ook die profete en die onrein gees uit die land uit verwyder.

3. As iemand nog profeteer, sal sy vader en sy moeder wat geboorte aan hom gegee het, vir hom sê: ‘Jy mag nie lewe nie, want jy het valslik in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gepraat’ en sy vader en sy moeder wat geboorte aan hom gegee het, sal hom deurboor wanneer hy profeteer.

4. Dit sal ook gebeur in daardie dag dat die profete, elkeen, skaam sal wees oor sy visioen wanneer hy profeteer en hulle sal nie ’n harige mantel aantrek om te mislei nie,

5. maar hy sal sê: ‘Ek is nie ’n profeet nie; ek is ’n man wat die grond bewerk, want iemand het my in my jeug as ’n slaaf verkoop.’

6. Iemand sal vir hom sê: ‘Wat is hierdie wonde tussen jou arms?’ Dan sal hy antwoord: ‘Waarmee ek gewond is in die huis van my vriende.’Mat 26:31; Mar 14:27

7. Ontwaak, o swaard, teen my herder en teen die man wat my vennoot is!” verklaar יהוה-Tzva’ot. “Slaan die herder sodat die skape verstrooi mag word en Ek sal My hand teen die kleintjies draai.

8. Dit sal gebeur in die hele land,” verklaar יהוה, “dat twee-derdes daarin afgesny sal word en sterf, maar een-derde sal daarin oorbly.Deut 30:15-20

9. Ek sal die derde deel deur die vuur bring, hulle suiwer soos ’n mens silwer suiwer en hulle toets soos ’n mens goud toets. Hulle sal My Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep en Ek sal hulle antwoord. Ek sal sê: ‘Hulle is My volk!’ Hulle sal sê: ‘יהוה is my God!’”