hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Z'kharyah 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (2:5) Toe het ek my oë opgelig en gekyk en let op, daar was ’n man met ’n maatband in sy hand.

2. (2:6) Toe sê ek: “Waar gaan u heen?” Hy antwoord my: “Om Yerushalayim te meet, om te sien hoe breed en hoe lank dit is.”

3. (2:7) Let op, die boodskapper wat met my gepraat het, het uitgegaan en ’n ander boodskapper het uit gekom om hom te ontmoet

4. (2:8) en vir hom gesê: “Hardloop, praat met daardie jongman en sê: ‘Yerushalayim sal bewoon word sonder mure as gevolg van die menigte van mense en beeste daarbinne,Open 21:3

5. (2:9) want Ek,’ verklaar יהוה, ‘sal ’n vurige muur rondom haar wees en Ek sal die lof en eer in haar midde wees.’”

6. (2:10) “Let op, vlug uit die land van die Noorde,” verklaar יהוה, “want Ek het julle verstrooi na die vier windstreke van die hemel,” verklaar יהוה.Open 18:4

7. (2:11) “Let op, Tziyon! Vlug, jy wat by die dogter van Bavel bly,”

8. (2:12) want so sê יהוה-Tzva’ot: “Vir lof, eer en aanbidding het Hy My gestuur teen die nasies wat julle geplunder het, want hy wat julle aanraak, raak Sy oogappel aan,

9. (2:13) want, let op, Ek sal My hand oor hulle swaai sodat hulle dade plunder sal word, dan sal julle weet dat יהוה-Tzva’ot My gestuur het.

10. (2:14) Sing van vreugde en wees bly, o dogter van Tziyon, want let op, Ek kom en sal in jou midde bly,” verklaar יהוה.

11. (2:15) Baie nasies sal hulle in daardie dag aan יהוה verbind en sal My volk word, dan sal Ek in jou midde bly en jy sal weet dat יהוה-Tzva’ot My na jou toe gestuur het.

12. (2:16) יהוה sal Y’hudah as Sy porsie in die afgesonderde land besit en sal Yerushalayim weer kies.

13. (2:17) Alle vlees, wees stil voor יהוה, want Hy het opgestaan vanuit Sy afgesonderde blyplek.”