Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 4:7-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. God het egter die volgende oggend met dagbreek ’n wurm beveel en dié het die plant aangeval en dit het verdor.

8. Toe die son opkom, het God ’n skroeiende Oostewind aangestel en die son het op Yonah se kop afgekom sodat hy flou geword het en met sy hele wese gesmeek het om dood te gaan en gesê: “Dood is vir my beter as om te lewe.”

9. Toe sê God vir Yonah: “Het jy goeie rede om kwaad te wees oor die plant?” Hy antwoord: “Ek het goeie rede om kwaad te wees, selfs tot die dood toe.”

10. Toe sê יהוה: “Jy het liefdevolle omgee vir die plant waarvoor jy nie gewerk of laat groei het nie, wat oornag opgekom het en oornag vergaan het.

Lees volledige hoofstuk Yonah 4