hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4

Ou Testament

Nuwe Testament

Yonah 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het Yonah egter baie ontevrede gemaak en hy het kwaad geword.Eks 34:6; Ps 86:5

2. Hy het tot יהוה gebid en gesê: “Asseblief יהוה, is dit nie wat ek gesê het terwyl ek nog in my eie land was nie? Ek het daarom na Tarshish gevlug om hierdie te verhoed, want ek het geweet dat U ’n God van liefdevolle omgee en onverdiende guns is, stadig om kwaad te word en oorvloedig in liefdevolle goedheid en Een wat katastrofes wegdraai;

3. daarom, o יהוה, neem asseblief my lewe van my weg, want dood is vir my beter as om te lewe.”

4. יהוה het gesê: “Het jy goeie rede om kwaad te wees?”

5. Toe het Yonah uit die stad uitgegaan en aan die oostekant daarvan gaan sit. Daar het hy vir homself ’n skuiling gemaak en onder dit gaan sit in die skaduwee totdat hy kon sien wat in die stad sou gebeur.

6. יהוהGod het ’n plant aangestel en dit het oor Yonah opgegroei om ’n skaduwee oor sy kop te wees, om hom van sy ongemak te bevry en Yonah was baie bly oor die plant.

7. God het egter die volgende oggend met dagbreek ’n wurm beveel en dié het die plant aangeval en dit het verdor.

8. Toe die son opkom, het God ’n skroeiende Oostewind aangestel en die son het op Yonah se kop afgekom sodat hy flou geword het en met sy hele wese gesmeek het om dood te gaan en gesê: “Dood is vir my beter as om te lewe.”

9. Toe sê God vir Yonah: “Het jy goeie rede om kwaad te wees oor die plant?” Hy antwoord: “Ek het goeie rede om kwaad te wees, selfs tot die dood toe.”

10. Toe sê יהוה: “Jy het liefdevolle omgee vir die plant waarvoor jy nie gewerk of laat groei het nie, wat oornag opgekom het en oornag vergaan het.

11. Sal Ek dan nie liefdevolle omgee hê oor Ninveh, die groot stad waarin meer as ’n honderd en twintig duisend (120 000) mense, wat nie die onderskeid tussen hulle regter- en linkerhande ken, sowel as baie vee, is, nie?”